VIND MEKAAR ALTYD WEER
Soms is ek naby
soms is ek vêr
Soms verlaat ek jou
maar vind jou dan weer
Soms onthou ek net die trane
en vergeet van ons liefde teer
Soms herken ek jou
soms is jy vreemd
Maar wanneer my gedagtes soms ons liefde vergeet
dan vind ek jou weer
elke keer
by die bordjie wat sê
Sal mekaar nooit verlaat
Verewig ons liefde opreg, sag en teer


|